Local sport

Nathan (14) oor gholf: Dis nie klaar totdat dit klaar is nie

Die 14-jarige Nathan Faver se toewyding aan gholf het vrugte afgewerp toe hy onlangs die mans C-divisie van die Limpopo Golf Union Champ of Champs streekfinale gewen het. Hy gaan Limpopo nou by die nasionale eindronde verteenwoordig.

POLOKWANE – Die 14-jarige gholfspeler Nathan Faver het reeds op ’n jong ouderdom geleer dat sukses harde werk verg.

En deesdae bestee hy elke dag sowat vier ure aan sy gholf om sy spel en voorgee te verbeter.

Nathan Faver oefen sy afslaan.

Sy harde werk het uiteindelik vrugte afgewerp toe hy op 22 Augustus aan die Limpopo Golf Union Champ of Champs streeksfinale, aangebied deur die Thabazimbi Gholfklub, deelgeneem het en as die wenner van die mans C-divisie aangewys is.

Dit was nogal ’n moeilike dag. Die baan was hard en dit was ongelooflik warm in Thabazimbi. Dit was ook die eerste keer dat ek op dié baan gespeel het, so dit was maar vreemd.

Nathan gaan Limpopo, saam met baljoggie, Sakia Makhafola, by die RSA Champion of Champions-nasionale eindronde verteenwoordig. Die kompetisie vind van 20 tot 23 September by die Vaal de Grace-gholflandgoed in die Vrystaat plaas. Makhafola het intussen ook die joggie-divisie gewen.

Nathan Faver by die oefenbaan.

Die Thabazimbi-baan is ’n negeputjie-baan met alternatiewe afslaanplekke vir ’n uitdagende 18-putjie-opsie. Nathan sê hy het ná die eerste nege putjies ’n agterstand gehad en dus nie verwag om as wenner aangewys te word nie.

Ek was redelik gespanne voor ek begin speel het, maar ná die eerste hou fokus ek op die spel en vergeet ek van die stres. Ek het nie regtig verwag om die Limpopo Golf Union Champ of Champs streekfinaal te wen nie, maar ek het my beste gegee.

Die oorwinning het Nathan se motivering verder aangevuur.

Hy het reeds in gr. 6 in Oosskool ernstig begin gholf speel en sê die sport is nou vir hom ongelooflik lekker. Hy presteer goed onder druk en leef volgens die leuse: ‘Dit is nie klaar totdat dit klaar is nie’.

Nathan Faver is gereed vir die volgende groot kompetisie.

My doelwit is om onder die top vyf spelers te wees en ek werk aan my kortspel, wat die sethoue en kaphoue insluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button