Jong kolwer moker ‘n hele 144 lopies
Met die BCVO nasionale krieketkampioenskappe het Dirk Steyn van die CVO-skool Potgietersrus in drie beurte 144 lopies gemoker.

Met die pas afgelope BCVO nasionale krieketkampioenskappe in Springs het Dirk Steyn van die CVO-skool Potgietersrus in drie beurte 144 lopies gemoker. Hy het ook vir sy prestasie ‘n splinternuwe kolf van Aron’s Sport op die dorp ontvang. Aron’s Sport skenk ‘n kolf aan die eerste kolwer van die skool wat 50 lopies of meer in een beurt slaan en dié eer het Steyn te beurt geval.
Hy het in die eerste twee van drie wedstryde 50 onoorwonne lopies geslaan. In die derde westryd was hy op 44 toe hy ‘n redelike losbal gekry het en probeer het om die bal uit die veld te slaan. Hy het misgeslaan en sy paaltjie het geval. Hy het in die drie wedstryde vir Noord-Transvaal se span gespeel en is ook aangewys as die beste laerskool kolwer van die kampioenskappe.
