School sportSport

Noordskool klop Osies in ‘n titaniese stryd tydens Bosveld rugbyfees

Die rugbyspanne van die Laerskole Pietersburg-Noord en Pietersburg-Oos het Woensdag in die tweede ronde van Hoërskool Pietersburg se Kia Bosveld Rugbyfees.

Die rugbyspanne van die Laerskole Pietersburg-Noord en Pietersburg-Oos het Woensdag in die tweede ronde van Hoërskool Pietersburg se Kia Bosveld Rugbyfees vir ‘n opwindende tweestryd gesorg.
Geeneen van die spanne se spelers het ‘n duit vir die ander teruggestaan nie.
Die afrigters het soos bekommerde ouers langs die veld op en af getrippel om die spe-lers aan te por.
Die span van Pietersburg-Noord het uiteindelik as oorwinnaars van die veld gestap het na ‘n klipharde stryd, met die eindtelling op 25-14.
In die ander laerskole-kragmeting het die spanne van Pietersburg en Krugerpark mekaar die stryd aangesê.
Die twee spanne het baie goed opgeweeg teen mekaar, maar Pietersburg het uiteindelik met ‘n eindtelling van 24-19 uit die stryd getree.
Hoërskool Pietersburg, die gashere van hierdie rugbyfees, het volgens tradisie twee spanne ingeskryf vir hierdie rugbyfees.
Beide dié skool se spanne, Pietersburg-eerstes en die Barbarians, het hul wedstryde met gemak gewen.
Die Barbarians het teen ‘n tandelose Merensky-span van Tzaneen uitgedraf en die landbouskool se span heeltemal oorheers. Die Barbarians het Merensky met ‘n oortuigende eindtelling van 48-0 geklop.
Pietersburg se eerstes het in die hoofwedstryd vir die aand teen Ellisras gespeel en hierdie wedstryd gemaklik met 40-6 gewen.
In die ander wedstryde van die rugbyfees het Hans Strijdom Nylstroom met 34-12 kafgedraf.
Frikkie Meyer moes aansienlik harder speel om ‘n begeesterde Louis Trichardt-span te stuit.
Frikkie Meyer het nietemin met die louere weggestap met die eindtelling op 33-24.
In die laerskole-afdeling is die punteleer as volg:
1. Laerskool Pietersburg-Noord – 10 punte;
2. Laerskool Pietersburg-Oos – vyf punte;
3. Laerskool Pietersburg – vyf punte, en
4. Laerskool Krugerpark – een punt.
In die hoërskole-afdeling is die punteleer as volg:
1. Hoërskool Pietersburg eerste span – 10 punte;
2. Hoërskool Hans Strijdom – 10 punte;
3. Hoërskool Pietersburg Barbarians – nege punte;
4. Hoërskool Nylstroom – vyf punte;
5. Hoërskool Frikkie Meyer – vyf punte;
6. Merensky Hoër Landbouskool – nul, en
7. Hoërskool Ellisras – nul.
Elke wenspan het ‘n speler aangewys wat uitgestaan het om as Kia Polokwane Speler van die Wedstryd gekroon te word.
Laerskool Pietersburg-Noord – Matemo Manyama
Laerskool Pietersburg – Taylor du Plessis
Barbarians – JV Coertze
Hans Strijdom – Pieter Oosthuizen
Frikkie Meyer – Chriszaan Strauss
Hoërskool Pietersburg – Johan Murray
Skolerugby-liefhebbers kan hul solank regmaak vir hierdie Woensdag se eindstryde van vanjaar se Kia Bosveld Rugbyfees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button