School sportSport

Tommies se Direkteurstrofee-seges

Hierdie jaar se Jukskei Direkteurstrofee-finaal is op 14 September in Boksburg aangebied.

Hierdie jaar se Jukskei Direkteurstrofee-finaal is op 14 September in Boksburg aangebied.

Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het ook deelgeneem aan hierdie byeenkoms.

Die skool se o/16A-meisiesspan het vierde geëindig in hul afdeling en die o/19A-meisies het brons medaljes verwerf deur derde in hul afdeling te eindig. Beide die o/16A- en o/19A-seunsspanne het tweede in hul afdelings geëindig en elk ‘n silver medalje gekry.

Hierdie spanne en die twee o/13-spanne van Oosskool het die toekenning vir die top Unie in die Noordelike Streek vir Limpopo in die sak gebring. Hierdie streek sluit Gauteng, Noord-Wes, Limpopo en Mpumalanga in.

Twee van Tom Naudé se leerders was ook aangewys as onder die vyf bestes in hul afdelings. Hulle is Paula Kotze (meisies, o/19A) en Chris Viljoen (seuns, o/16A).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button