Curro Heuwelkruin se sportvelde het reeds vroeg verlede Vrydag gewemel van opgewonde leerders, onderwysers en ouers wat bymekaargekom het vir die skool se jaarlikse werf-atletiekbyeenkoms.
Pieter Jansen (o/18) seil oor die hoogspringlat tydens Curro Heuwelkruin se werfatletiekbyeenkoms.
POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se sportvelde het reeds vroeg verlede Vrydag gewemel van opgewonde leerders, onderwysers en ouers wat bymekaargekom het vir die skool se jaarlikse werf-atletiekbyeenkoms.
Dit was die eerste keer wat dié atletiekbyeenkoms by die skool aangebied is en dus was alle tye en afstande as rekords aangeteken.
Die leerders is in drie huise opgedeel naamlik Phobos, Deimos en Triton.
Die hoërskool se punte vir die verskillende huise was:
• Phobos: 398.
• Triton: 358.
• Deimos: 315.
Heuwelkruin Laerskool se uitslae was nie beskikbaar teen druktyd nie.
Maria Yamayo (o/14) vlieg deur die lug tydens haar verspring-item..
Renier Gerber (o/15) hou sy oog op die spies wat hy sopas gegooi het.
Vaughn Scheepers (o/7) lag uitbundig net voordat hy die 80 m vir seuns voltooi.
Khomotjo Mehlape (o/7) gooi haar arms in die lug by die wenstreep terwyl sy die 80m meisies wedloop voltooi.
Kayla Spies konsentreer hard op haar sprong tydens die o/14 verspring-item wat deelgemaak het van Curro Heuwelkruin se werfatletiekbyeenkoms verlede Vrydag.
Tshegofatjo Mogashoa maak reg om die gewigstootbal so ver as moontlik te gooi tydens die o/14 gewigstoot-item.
Zibhle Lubisi (o/14) spring met gemak tydens die o/14 meisies verspring-item.
Leruo Matsoku hou sy oë op die eindstreep tydens die o/10 seuns 80m wedloop.
Emme-Jé Hatton (o/14) sit al haar gewig agter die stoot van die gewigstootbal.
Izelke Snyman gebruik haar arms om momentum op te bou sodat sy verder kan spring tydens die o/14 meisies verspring-item.
Modipadi Mokgohloa neem deel aan die gewigstoot vir meisies o/14.
Evan Bernhardi hardloop voluit vir sy o/7-span tydens Curro Heuwelkruin se werf-atletiekbyeenkoms.
Pieter Jansen (o/18) seil oor die hoogspringlat tydens Curro Heuwelkruin se werfatletiekbyeenkoms.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!