School sportSport

Chris blink van jonks af in jukskei-toernooie uit

Chris Viljoen (15) is 'n gr. 9-leerder van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat in gr. 1 al begin deelneem het aan jukskeitoernooie saam met sy pa en sy broer.

POLOKWANE – Chris Viljoen (15) is ‘n gr. 9-leerder van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat in gr. 1 al begin deelneem het aan jukskeitoernooie saam met sy pa en sy broer.

“Ons was almal deel van die Karavaanklub, maar toe ek hoor die skool bied die sport aan, het ek by die skool ook begin speel,” vertel hy.

In die afgelope sewe jaar wat hy aan dié sport deelneem, het hy al vyf keer aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem, waar hy een keer die streekspan gehaal het.

Chris het al vyf keer aan die Limpopo-kampioenskappe deelgeneem.

Dié jong sportster is in 2011 gekies vir die Springbokspan en in 2012 het hy as kaptein van die Springbokspan gestaan. In 2013 het hy ook as Springbok deelgeneem.

Chris was al drie keer verkies tot die Beste5-span.

Slegs die beste spelers van die jukskei-Transvaalgebied word vir hierdie span gekies.

“Eendag as daar ‘n Olimpiese jukskei-span is, wil ek deel wees daarvan en aan die Olimpiese spele gaan deelneem,” vertel Chris. Hy wil graag eendag ‘n Springbok-skeidsregter wees. Verder speel Chris rugby en was ‘n lid van sy skool se o/14 A-span. Ander aktiwiteite waaraan hy deelneem is spiesgooi en skaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button