School sportSport

Geen keer aan PLS-atlete ondanks middag se reën

Leerders van Pietersburg Laerskool (Suidskool) het verlede Donderdag aan hul bokkesport deelgeneem te midde van die reën wat laatmiddag begin val het.

POLOKWANE – Leerders van Pietersburg Laerskool (Suidskool) het verlede Donderdag aan hul bokkesport deelgeneem te midde van die reën wat laatmiddag begin val het.

Atlete het steeds hul beste gegee en uitgeblink op die baan.

Die byeenkoms het reeds in skooltyd begin met spiesgooi en werpskyf.

Om 13:00 het atlete, wat tydens die uitdunne deurgedring het, op die atletiekbaan bymekaargekom om aan die hoogspring, verspring en verskeie ander veld- en baanitems deel te neem. Tydens die bokkesport is die top atlete gekies om aan die P-1 interlaer byeenkoms teen ander skole se top atlete deel te neem.

Hierdie byeenkoms het gister (Woensdag) plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button