School sportSport

Swemheld blink uit

Dit het alles begin met 'n plas en plons in die bad toe Christoff Ras op sewejarige ouderdom in die bad geval het en amper verdrink het.

POLOKWANE – Dit het alles begin met ‘n plas en plons in die bad toe Christoff Ras op sewejarige ouderdom in die bad geval het en amper verdrink het.

Christoff se liefde vir water het reeds vroeg in sy lewe begin toe hy as klein seuntjie in die bad gespeel het en sy sponsies laat “verdrink” het.

Ná die groot skrik toe hy in die bad geval het, het sy ma hom vir swemlesse geneem sodat hy waterveilig kon wees en dié gr. 11-leerder se swemloopbaan het afgeskop.

Vandag is hy glad nie meer bang vir water nie.

Nie net blink hierdie swemmer uit in die swembad nie, hy presteer ook op akademiese gebied by Hoërskool Pietersburg (PHS). “Dis nie maklik om aan sport deel te neem en aan die Klub80 te behoort nie. Ek het min tyd vir skoolwerk, maar balanseer my swem en skoolwerk deur goed te beplan,” sê hy.

“Daar is nie tyd vir speel nie. Met gr. 12 net om die draai kos dit fyn beplanning en toewyding aan beide skoolwerk en swemoefeninge om bo uit te kom.”

Christoff spandeer soggens vroeg twee ure in die swembad voordat hy met sy skooldag begin. Direk na skool sit hy nog twee ure se oefening in.

Wanneer hy by die huis kom, sit hy die nodige ure agter sy skoolboeke in om te verseker dat sy werk op datum is en dat hy gereed is vir enige toetse. “Die kos-huislewe help my darem met my tydsbeplanning,” sê hy.

Hierdie swemmer is tans die Suid-Afrikaanse kampioen in die 200 m borsslag en het in 2012 gekwalifiseer om op die keuringslys van die junior Olimpiese swemspan ge-plaas te word.

Christoff sê hy het in die hoërskool eers besef dat hy kan uitblink in swem. Sy droom is om in die Olimpiese span opgeneem te word en teen een van sy groot helde, Cameron van der Burgh, te staan te kom.

Hy skryf sy sukses toe aan die ondersteuning van familie en vriende en die top-afrigting wat hy van Dougie Eager ontvang.

“Swem is ‘n alleensport en as mens nie die ondersteuning het van die mense buite die swembad nie, raak jy gou alleen en verloor be-langstelling,” vertel hy.

Na skool wil hy graag oorsee gaan studeer in ingenieurswese, maar swem bly deel van sy toekomsplanne.

Christoff beplan om ‘n jaar na skool net op swem te konsentreer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button