School sportSport

PHS 17de uit 42 by Top 15-atletiek

Na afloop van die onlangse Top 15-atletiekbyeenkoms by die Universiteit van Johannesburg waaraan 42 skole deelgeneem het, spog Hoërskool Pietersburg (PHS) met 17de plek.

POLOKWANE – Na afloop van die onlangse Top 15-atletiekbyeenkoms by die Universiteit van Johannesburg waaraan 42 skole deelgeneem het, spog Hoërskool Pietersburg (PHS) met 17de plek.

PHS atlete het 15 individuele medaljes gewen, terwyl die aflos-spanne nog 12 medaljes ingepalm het.

Chanté Ferreira het ‘n rekord opgestel in die gewigstoot vir meisies o/15 en ‘n tweede plek in verspring behaal.

Zenobia Jewaskiewitz het ‘n rekord opgestel in die 100 m vir meisies o/15.

Juané Moolman het eerste plek in die 800 m vir dogters o/17 gekry terwyl Franco du Plessis eerste plek behaal het in die 100 m vir seuns o/14, en Pieter Kruger het eerste plek in die hoogspring vir seuns o/16 behaal.

Die junior- en senior meisiesaflos-spanne het eerste geëindig, terwyl die junior seuns tweede geëindig het.

“PHS was tops, ons is baie trots op die atlete wat so goed gevaar het en die skool se naam hoog gehou het by die byeenkoms,” het die skool se skakelbeampte, Anna-Marie Schoeman gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button