School sportSport

PHS maak dit vier-in-‘n-ry

Die interhoërtrofee behoort vir die vierde agtereenvolgende jaar aan Hoërskool Pietersburg (PHS), nadat dié skool se spogatlete gesorg het vir verskeie prestasies.

POLOKWANE – Die interhoërtrofee behoort vir die vierde agtereenvolgende jaar aan Hoërskool Pietersburg (PHS), nadat dié skool se spogatlete gesorg het vir verskeie prestasies.

Die meisies- en seunsspanne het as algehele wenners uit die stryd getree.

Ten spyte van ‘n natgereënde atletiekbaan by Hoërskool Merensky in Tzaneen oor die naweek, was beide PHS se meisies- en seunsspanne van die begin af voor wat punte betref.

Die blootstelling wat die atlete die vorige week by die PUK Interhoër gekry het, het duidelik vrugte afgewerp.

Verskeie hoogtepunte is gedurende die dag opgelewer, waarvan Chanté Ferreira se spiesgooi-rekord vir meisies o/14 nog vir lank deur toeskouers onthou sal word.

Met ‘n wenafstand van 37,87 m het sy die bestaande rekord met ‘n reuse 7 m verbeter.

Zenobea Jewaskiewitz het vir twee pragrekords gesorg met ‘n tyd van 14,24 sekondes in die 100 m hekkies vir meisies o/14 en 26,66 sekondes in di 200 m vir meisies o/14.

Jessica Booyens het ook vir opwinding gesorg met ‘n nuwe rekord in 100 m hekkies vir meisies o/17. Sy het dié afstand in ‘n tyd van 15,18 sekondes afgelê.

Met nog sowat 40 items wat nog afgehandel moes word, het ‘n swaar bui reën uitgesak en moes die byeenkoms afgelas word.

PHS was in daardie stadium reeds meer as 150 punte voor en het die gesogte interhoërtrofee asook dié vir die beste meisies- en beste seunsspanne in ontvangs geneem.

Geen toekennings vir individuele prestasies kon egter gemaak word nie.

Hoërskool Merensky het met die geesbeker weggestap.

Die puntetotale per skool was as volg:

Meisies:

• PHS 322.

• Merensky 197,5.

• Louis Trichardt 99.

• Frans du Toit 64,5.

• Tom Naudé 57.

• Nothern Academy 16.

Seuns:

• PHS 204.

• Merensky 165.

• Louis Trichardt 157.

• Tom Naudé 93.

• Frans du Toit 88.

• Northern Academy 44.

Totale:

• PHS 526.

• Merensky 362,5.

• Louis Trichardt 256.

• Tom Naudé 150.

• Northern Academy 60.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button