School sportSport

Charné altyd ses stappe vooruit

Charné Hartley (10) is 'n leerder van Curro Heuwelkruin wat weet hoe om die regte skuiwe op die skaakbord te maak.

POLOKWANE – Charné Hartley (10) is ‘n leerder van Curro Heuwelkruin wat weet hoe om die regte skuiwe op die skaakbord te maak.

Charné is uitgenooi om in die o/12-afdeling van die Suid-Afrikaanse Geslote Skaakkampioenskappe vanaf 30 Maart tot 6 April op Stellenbosch deel te neem.

Charné se liefde vir skaak het kleintyd al begin toe haar pa haar gehelp het om hierdie bordspel te bemeester. “Ek speel al skaak vandat ek vier jaar oud was en my pa het my geleer. Dit was van die begin af vir my lekker om skaak te speel en ek het geweet ek kan ‘n baie goeie speler raak,” vertel sy.

Sy vertel dat haar oom vir haar boeke oor skaak gegee het en dat sy dit elke aand lees. Na ete in die aande speel sy en haar pa ook skaak sodat sy kan oefen. Haar oupa, wat oorlede is, het ook altyd skaak gespeel.

Charnè vertel sy is effens op haar senuwees oor die kampioenskappe, maar sien terselfdertyd baie uit daarna. “Ek gaan net my beste gee maar ek gaan dit definitief ook geniet.”

Die moeilikste van skaak speel, vertel sy, is om vir tot drie ure stil te sit en te konsentreer. “As ek moeg raak spring ek op en hardloop bietjie rond,” is haar oplossing vir hierdie probleem.

Die lekkerste van skaak speel is om heeltyd nuwe openinge te kry, vertel sy. “Ek leer nuwe toertjies by my pa.”

Sy volg ‘n spesiale dieet wat breinkos insluit en moet ook baie slaap.

Raad wat sy aan ander skaakspelers het is om die spel te geniet. “Jy moet elke dag oefen en jou bes gee. Moenie moed opgee as jy agter raak nie.”

Laastens vertel sy dat skaak haar leer om probleme raak te sien wat uitgesorteer moet word. “Jy dink altyd ses skuiwe vooruit en leer baie lewenslesse.”

Charnè is ‘n jaar jonger as die ander skaakspelers in haar afdeling en slegs een van 20 spelers in Suid-Afrika wat uitgenooi is na dié kampioenskappe.

Sy is die enigste laerskoolskaakspeler van Limpopo wat aan die byeenkoms gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button