School sportSport

Bronsmedalje vir redenaar Leana

Leana Swarts, 'n gr. 5-leerder van Oosskool, het 'n bronsmedalje by die jaarlikse Super 12-redenaarskompetisie vroeër vandeesmaand gewen.

POLOKWANE – Leana Swarts, ‘n gr. 5-leerder van Oosskool, het ‘n bronsmedalje by die jaarlikse Super 12-redenaarskompetisie vroeër vandeesmaand gewen.

Die kompetisie is by die Laerskool Constantia Park in Pretoria aangbied en 50 deelnemers het sake daar uitgespook.

Leana gaan later vanjaar ook aan die ATKV-redenaarskompetisie deelneem. Sy het verlede jaar ‘n vierde plek verower in die gr. 4 tot 5-kategorie en is aangewys as een van die nasionale top 10 redenaars van dié kompetisie.

Haar ouer boetie het ook aan redenaars-kompetiesies deelgeneem en dit het Leana aangespoor om reeds in gr. 2 twee aan dié aktiwiteit te begin deelneem.

Sy het in gr. 3 haar eerste sukses behaal toe sy vierde in die ATKV-kompetisie se finale was en deurgedring het na die finale ronde van die Super 12-kompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button