School sportSport

PHS se luggeweerskuts tref die kolskoot

Die luggeweerskuts van Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede naweek aan die interprovinsiale kampioenskappe deelgeneem teen 26 skole van vyf provinsies.

POLOKWANE – Die luggeweerskuts van Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede naweek aan die interprovinsiale kampioenskappe deelgeneem teen 26 skole van vyf provinsies.

Sowat 167 skuts het aan hierdie kampioenskappe deelgeneem en PHS se skuts het hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Die kampioenskappe het bestaan uit twee afdelings: die drieposisie-afdeling (3P) en die Olimpiese 10m staanposisie.

In die 3P-afdeling word op ‘n teiken oor ‘n afstand van 10m geskiet uit drie verskillende liggaamsposisies; lêend, knielend en staande.

In die Olimpiese 10m staanposisie-afdeling word oor ‘n afstand van 10m vanuit ‘n staande posisie met ‘n 4,5mm kaliber luggeweer met ‘n maksimum gewig van 5,5kg geskiet. Hierdie afdeling is ‘n internasionaal er-kende afdeling met internasionale riglyne en regulasies.

Aan die einde van die kampioenskappe het elke skuts ‘n punt uit 1 600 gekry waarvolgens die wenners van die kompetisie bepaal is.

PHS se skuts behaal die volgende plekke:

• Eerste 3P:

– o/21 Sporter: Koos Hartzenberg, vierde plek, 536 punte, en Jacques Cilliers negende plek, 522 punte.

– o/16 Sporter: Hein Ungerer, 19de plek, 494 punte.

– o/14 Sporter: Gustav Kamfer, derde plek, 492 punte.

• Tweede 3P:

– o/21 Sporter: Koos Hartzenberg, derde plek, 541 punte, en Jacques Cilliers, sewende plek, 528 punte.

– o/16 Sporter: Hein Ungerer, 13de plek, 506 punte.

– o/14 Sporter: Gustav Kamfer, tweede plek, 501 punte.

• 10m Olimpiese Staan: o/21 Sporter:

– Koos Hartzenberg, eerste plek, 353 punte, en Jacques Cilliers, agtste plek, 323 punte.

– o/16 Sporter: Hein Ungerer, sesde plek, 320 punte.

– o/14 Sporter: Gustav Kamfer, eerste plek, 320 punte.

• Groottotaal:

– Gustav Kamfer, algeheel eerste plek, o/14, 1 313 punte.

– Koos Hartzenberg, algeheel derde, o/21, 1 430 punte.

– Jacques Cilliers, algeheel sesde, o/21, 1 373 punte.

– Hein Ungerer, algeheel 11de, o/16, 1 320 punte.

– Andri Bezuidenhout, algeheel, 32ste o/17, 1 244 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button