School sportSport

Oosskool rugbytrots

Oosskool se eerste en o/11-rugbyspanne spog deesdae met splinternuwe rugbytruie wat hulle verlede Woensdag-oggend ontvang het.

POLOKWANE – Oosskool se eerste en o/11-rugbyspanne spog deesdae met splinternuwe rugbytruie wat hulle verlede Woensdag-oggend ontvang het.

Die twee spanne is deur twee maatskappye geborg; die BB Motorgroep het die eerste span geborg en Seeff Properties die o/11-span.

MC Linde, BB Motorgroep se verkoopsbestuurder, het gesê hulle is trots om deel te wees van Oosskool.

“Ons wil graag teruggee aan die gemeenskap en dit lê ons ook baie na aan die hart om te belê in die toekoms van ons kinders,” het Linde gesê.

Manie Oosthuizen van Seeff Properties het gesê dit voel goed om iets vir die gemeenskap te doen. “Ons is baie trots om die skool te help en ons is gretig om die kinders te help en te ondersteun,” het hy verduidelik.

Chris Smith, Oosskool se rugbyorganiseerder het die twee maatskappye bedank vir hul belangstelling in die skool en gemeenskap.

“Dit is riem onder die hart om te weet daar is nog mense wat omgee vir ons kinders. Dit wat julle doen gaan nie ongemerk verby nie; baie dankie,” het Smith gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button