School sportSport

Kruinies wen maklik

Dit is die uiteinde van die stigtingsdag-rugbywedstryde wat die afgelope naweek op die rugbyvelde van Curro Heuwelkruin gespeel is.

POLOKWANE – Drie uit drie vir Kruinies!

Dit is die uiteinde van die stigtingsdag-rugbywedstryde wat die afgelope naweek op die rugbyvelde van Curro Heuwelkruin gespeel is.

Al drie die skool se spanne het hulle opponente oortuigend geklop.

Heuwelkruin se o/16-span het die span van Hoërskool Ben Vorster met ‘n allemintige telling van 65-0 kafgedraf.

Die hoogtepunt van die dag was egter die kragmeting tussen die Kruinies se eerste span en ‘n span van Hoërskool Ben Vorster.

Die Kruinies het die Vossies met ‘n eindtelling van 26-22 geklop.

Jan Heystek, Sheldon Reynolds, Pieter Jansen en Vince Febiger het almal agter die doellyn gaan kuier met Febiger wat as speler van die wedstryd aangewys is.

In die o/16-span se wedstryd teen Hoërskool Ben Vorster het Derick Booyens en Mauritz Pretorius elk drie drieë gedruk.

Stefan Nel en Wernich Kachelhoffer het albei twee keer agter die doellyn gaan kuier en Jared Kenmur het ook vyf punte aangeteken.

Booyens is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die Kruinies se o/15-span het teen die span van Tom Naudé te staan gekom en hul oorwinning met ‘m eindtelling van 24-10 beklink.

André Kotze en Renier Gerber het elkeen een drie gedruk met Thabang Chokee en Thapelo Seabe van Tom Naudé wat ook elkeen een keer punte aangeteken het.

Gustav Lambrechts van Heuwelkruin het twee drieë gedruk en Reece Wynne het gesorg dat twee van die Kruinies se drieë verdoel is.

Jaco van Wyk is as die speler van die wedstryd aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button