Netbal spanne speel vriendskaplik
Curro Heuwelkruin se netbalspanne het gemengde welslae gehad in hul vriendskaplike wedstryde teen spanne van Tom Naudé, Millenium College en die Limpopo Binnneshuise-span die afgelope naweek
POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se netbalspanne het gemengde welslae gehad in hul vriendskaplike wedstryde teen spanne van Tom Naudé, Millenium College en die Limpopo Binnneshuise-span die afgelope naweek.
Die eerste span het teen die Limpopo Binnneshuise netbalspan te staan gekom en die wedstryd met ‘n eindtelling van 34-28 gewen. Romandi Potgieter van Heuwelkruin en Brian Fraser van die Limpopospan is as die spelers van die wedstryd aangewys.
Die Kruinies se o/17 A-span het teen Millenium College te staan gekom en hul naelbyt-stryd 13-11 verloor. Minette Snyman en Boipelo Mokitedi is as die spelers van die wedstryd aangewys.
Die Kruinies se o/15 A-span het teen Tom Naudé en Millenium College gespeel. Die o/15-span het die wedstryd teen Tom Naudé met ‘n eindtelling van 13-4 gewen. Jeltje Erasmus en Tlou Mathata is die spelers van die wedstryd. In ‘n taai wedstryd teen Millenium College het die span egter 10-6 verloor.
Jeltje Erasmus en Pauline Mangakeng is as spelers van die wedstryd aangewys.
Die o/15 B-netbalspan het teen Tom Naudé te staan gekom en het die wedstryd 8-6 verloor. Luca Prenzler en Lebo Malesa was die spelers van dié wedstryd.
Die o/14 A-span het Millenium College na ‘n harde wedstryd 6-4 gewen.
Ndzalama Lubisi en Magau Maesela is die spelers van die wedstryd.



