PHS-leerders presteer op verskillende gebiede
Leerders van die Hoërskool Pietersburg (PHS) het verskeie prestasies oor die afgelope paar weke behaal.
POLOKWANE – Leerders van die Hoërskool Pietersburg (PHS) het verskeie prestasies oor die afgelope paar weke behaal.
Tuks-reeks:
• PHS se muurbalspan behaal ‘n
tweede plek.
• PHS se eerstegholfspan wen dié
toernooi vir die vierde agtereenvolgende jaar.
• PHS se tennisspan behaal ‘n
sesde plek.
• PHS se landloopspan behaal ‘n
negende plek.
• PHS se skaakspan behaal ‘n vierde plek.
Suid-Afrikaanse ringtennis-kampioenskappe:
• Marizelle le Roux is opgeneem in
die nasionale o/16-ringtennisspan en is ook aangewys as kaptein van hierdie span.
• Mari Grobler is opgeneem in die
nasionale o/16-ringtennisuitnodigingspan en is ook aange-wys as die kaptein van hierdie span.
Junior Mej. Suid-Afrika Tienerfinaliste:
• Chantenique Niemand, gr. 11.
• Aimélize Geerdts, gr. 8.
Suid-Afrikaanse luggeweerproewe:
• Jacques Cilliers is opgeneem in die Suid-Afrikaanse junior-luggeweerskietspan.
• Koos Hartzenberg is opgeneem
in die Suid-Afrikaanse junior-luggeweerskietspan.
Anna-Marie Schoeman, PHS se skakelbeampte, het die leerders gelukgewens met hul prestasies en het alle sterkte toegewens aan die leerders wat verder op nasionale en internasionale vlak gaan deelneem.
“Ons sien uit na nog baie goeie nuus en uitstekende prestasies.”



