Pieties se landloopspan eindig 2de in taai interhoërstryd
Die stad se landloop-interhoër is in die tweede week van Augustus met groot sukses by Hoërskool Pietersburg aangebied.
POLOKWANE – Die stad se landloop-interhoër is in die tweede week van Augustus met groot sukses by Hoërskool Pietersburg aangebied.
Volgens onderwysers betrokke by dié interhoër is die gewildheid en ontwikkeling van hierdie sport nie wat dit moet wees nie, maar die interhoër was ‘n goeie aanduiding van die oplewing wat tans in landloop plaasvind in Limpopo.
Aan die einde van die dag was Northern Academy in die eerste plek met PHS in die tweede plek. Dié twee spanne sal later vanjaar aan die Noordvaal-landloopkompetisie in Rustenburg deelneem.
“Baie geluk aan al ons atlete en spesifiek die afrigter, André van der Walt. Dit is danksy sy inisiatief dat landloop weer ‘n staanplek by die skool kry.” het Anna-Marie Schoeman, skakelbeampte van PHS, gesê.



