School sportSport

Beeld-trofeë vir 2 van Curro se rugbyspanne

Die o/15- en 0/16-rugbyspanne van Curro Heuwelkruin het die naweek in die eindstryde van die Beeld-trofee se kleinskole-afdeling op Schweizer-Reneke hul staal gewys.

POLOKWANE – Die o/15- en 0/16-rugbyspanne van Curro Heuwelkruin het die naweek in die eindstryde van die Beeld-trofee se kleinskole-afdeling op Schweizer-Reneke hul staal gewys.

Curro Heuwelkruin se o/15-span het verlede week in die halfeindstryd in Polokwane teen die span van Hoërskool Zeerust te staan gekom en met 27-8 gewen om na die eindstryd teen Hoërskool Koster deur te dring.

Die o/16-span van Curro Heuwelkruin het in hulle halfeindstryd in Polokwane ook teen ‘n Zeerust-span te staan gekom.

Hulle wen dié halfeindstryd teen Zeerust met 18-10 en dring so-doende deur na die eindstryd teen Schweizer-Reneke.

Die o/15-span het teen die span van Hoërskool Koster te staan gekom in die Beeld-trofee finaal en die wedstryd met 21-19 gewen.

Die o/16-span het in hul eindstryd teen die span van Hoërskool Schweizer-Reneke gespeel en met 22-16 gewen.

Die Kruinies het breëbors as oorwinnaars van die veld gestap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button