School sportSport

Só speel ‘n meisie krieket

Hoërskool Louis Trichardt se o/19-meisieskrieketspan beleef 'n baie goeie seisoen sover en het Saterdag weereens met die louere weggestap na hul wedstryd teen Hoërskool Merensky van Tzaneen.

MAKHADO – Hoërskool Louis Trichardt se o/19-meisieskrieketspan beleef ‘n baie goeie seisoen sover en het Saterdag weereens met die louere weggestap na hul wedstryd teen Hoërskool Merensky van Tzaneen.

Die wedstryd het op die Triegies se tuisveld plaasgevind en die tuisspan het met 70 lopies gewen.

Louis Trichardt het eerste gekolf en 217 lopies in 38 boulbeurte aangeteken met die verlies van 10 paaltjies.

Daarna het Merensky gekolf en 147 lopies in 29 boulbeurte vir die verlies van 10 paaltjies aangeteken.

Louis Trichardt se beste kol-wers was:

• Ninke le Roux, 57 lopies van 115 balle;

• Minette Louw, 21 lopies van 102 balle;

• Edwanae van Dyk, 11 lopies van 9 balle, en

• Amorien Venter, 7 lopies van 13 balle.

Louis Trichardt se beste boulers was:

• Amorien Venter, drie paaltjies in agt boulbeurte;

• Rudzi Silima, twee paaltjies in drie boulbeurte;

• Geraldine van den Berg met twee paaltjies in ses boulbeurte;

• Ninke le Roux, een paaltjie in twee boulbeurte, en

• Zwinake Mbedzi, een paaltjie in twee boulbeurte.

Ninke le Roux is aangewys as die speler van die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button