School sportSport

Manne of muise?

Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se o/17-rugbyspan wat onlangs aan die Kia Bosveldfees-rugbytoernooi deelgeneem het, het verlede Donderdag aan die Ice Bucket Challenge deelgeneem.

POLOKWANE -Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se o/17-rugbyspan wat onlangs aan die Kia Bosveldfees-rugbytoernooi deelgeneem het, het verlede Donderdag aan die Ice Bucket Challenge deelgeneem.

John Deere het ‘n laaigraaf geborg sodat die span almal op een slag met yswater natgegooi kon word.

Hiermee daag hulle dan ook ander skole wat aan die Kia Bosveldfees-rugbytoernooi deelgeneem het uit om dieselfde te doen.

Die idee van die Ice Bucket Challenge is om geld te skenk vir navorsing oor motorneuronsiekte (MNS) die siekte waaraan bekende oud-rugbyspeler, Joost van der Westhuizen ly.

Die uitdaging behels dat die persoon wat uitgedaag word óf ‘n donasie aan die Motorneuronsiekte Assosiasie maak, óf ‘n yskoue emmer water oor sy kop kry. Sommige mense kies selfs om beide te doen.

Die persoon wat die uitdaging aanvaar het 24 uur om iemand anders te nomineer om ook die ysbad te verduur of ‘n donasie te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button