School sportSport
Triegies klop Ben Viljoen en dring deur na semi’s
DIE o/15-seunskrieketspan van Hoërskool Louis Trichardt het teen Hoërskool Ben Viljoen gespeel en deurgedring na die semi-finale ronde van die Limpopo A-krieketliga.
DIE o/15-seunskrieketspan van Hoërskool Louis Trichardt het op 20 September teen Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal gespeel en deurgedring na die semi-finale ronde van die Limpopo A-krieketliga.
Louis Trichardt het eerste gekolf en was almal uit vir 190.
Daarna het Ben Viljoen gekolf en 144 lopies aangeteken, almal uit.
Louis Trichardt het dus die wedstryd met 46 lopies gewen.
Ali Sefole is aangewys as speler van die wedstryd met 44 lopies van 53 balle.
Hy het ook vier paaltjies geneem in vyf boulbeurte en slegs 25 lopies afgestaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



