16 skole by Marius Lengton-atletiek
Die Marius Lengton-Gedenkatletiekbyeenkoms word Saterdag by die Peter Mokaba Stadion aangebied deur die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

POLOKWANE – Die Marius Lengton-Gedenkatletiekbyeenkoms word Saterdag by die Peter Mokaba Stadion aangebied deur die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.
Hierdie jaar sal dit die 28ste jaar wees wat hierdie atletiekbyeenkoms ter nagedagtenis aan aan Marius Lengton, ‘n leerder van Tom Naudé wat tragies in ‘n motorfietsongeluk gesterf het, plaasvind.
Lengton was ‘n belowende atleet.
Hierdie jaar neem 16 skole deel aan hierdie gewilde atletiekbyeenkoms.
“Die skole wat hierdie jaar gaan deelneem is die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Rob Ferreira, Afrikaans Hoër Seuns, Afrikaans Hoër Meisies, Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Warmbad, Curro Heuwelkruin Hoërskool, die Hoërskool Louis Trichardt, Potchefstroon Gimnasium, Hoërskool Wonderboom, Pepps Polokwane College, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Garsfontein en Southern Cross,” sê Kobus de Meyer, sportorganiseerder van Tom Naudé.



