School sportSport

Sportiewe jong susters blink uit

Twee leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het uitstekende prestasies behaal by die Prisma Comms Jewaskiewitz-atletiekbyeenkoms

POLOKWANE – Twee leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het uitstekende prestasies behaal by die Prisma Comms Jewaskiewitz-atletiekbyeenkoms.

Susters Marizaan (11) en Elandri (9) Geldenhuys het beide in hoër ouderdomsgroepe deelgeneem en steeds goue medaljes gewen. Marizaan het ‘n goue medalje ge-wen in die spiesgooi vir meisies o/12 en Elandri in die 80 m vir meisies o/10.

Die twee se ma, Adel, het gesê haar dogters het beide van gr. 1 af medaljes versamel en hulle kamermure hang vol medaljes. “Hulle blink uit in hokkie, netbal, gimnastiek, tennis en atletiek.”

Volgens Adel het Elandri eers onlangs met gimnastieklesse begin, maar sy het reeds deurgedring na die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe. “Ek hou van sport. Dit hou mens fiks. Ek en my maatjies ondersteun mekaar wanneer ons nie self deelneem nie,” het Elandri vertel.

Marizaan het gesê sy wil steeds op hoërskool deelneem aan sport en sy wil veral konsenteer op tennis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button