Dubbele swemgala vir Lim se bestes
Hoërskool Pietersburg (PHS) het Vrydag en Saterdag gasheer gespeel vir die topswemmers van die provinsie tydens die Top 10- en Limpopo-swemkampioenskappe
POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) het Vrydag en Saterdag gasheer gespeel vir die topswemmers van die provinsie tydens die Top 10- en Limpopo-swemkampioenskappe.
Tydens hierdie dubbele swemgala het die swemmers aan 52 items deelgeneem wat afgeskop het met die 200m individuele wisselslag vir seuns o/15 en afgesluit is met ‘n opwindende 200m wisselslag-aflos vir meisies o/19.
PHS het 11 goue, sewe silwer en drie brons medaljes in die individuele items gewen van die Top 10-gala asook vyf goue en nege brons medaljes in die aflositems.
Algehele resultate Top 10:
1. Hoërskool Ben Vorster, 600 punte.
2. Hoërskool Ben Viljoen, 564 punte.
3. Hoërskool Pietersburg, 553 punte.
Individuele uitslae Top 10:
• Junior Victrix Ludorum, Ashleigh Hunter van Curro Heuwelkruin.
• Senior Victrix Ludorum, Sulé van der Merwe van PHS.
• Junior Victor Ludorum, Ivan Beukes van PHS.
Die Limpopo-kampioenskappe het net na die Top 10-gala begin en Saterdag geëindig.
Swemmers het tydens hierdie gala meegeding vir plekke in die Limpopo-swemspan wat van 10 tot 15 Desember aan die Suid-Afrikaanse swemkampioenskappe in Pretoria sal deelneem. PHS het 30 goue, 13 silwer en 11 brons medaljes by hierdie gala ingepalm. Sulé van der Merwe van PHS is as senior Victrix Ludorum aangewys en Christof Ras, ook van PHS, as senior Victor Ludorum van die Limpopo-kampioenskappe.









