Suidskool kraai koning in finaal
Laerskool Pietersburg (Suidskool) se o/10-krieketspan het verlede Donderdag by die Polokwane Krieketklub teen die span van Laerskool Tzaneen te staan gekom in die eindstryd van die Limpopo-laerskoleliga.
POLOKWANE – Laerskool Pietersburg (Suidskool) se o/10-krieketspan het verlede Donderdag by die Polokwane Krieketklub teen die span van Laerskool Tzaneen te staan gekom in die eindstryd van die Limpopo-laerskoleliga.
Suidskool het die wedstryd oortuigend gewen.
Dit was veral Suidskool se boulers met hul venynige boulwerk wat Tzaneen, wat eer-ste gekolf het, se kolwers van meet af onder hewige druk geplaas het. Tzaneen se kolwers is een na die ander uitgehaal en kon uiteindelik slegs 35 lopies aanteken.
Die Suidskool-boulers wat uitgestaan het was:
• Lennard Swart, drie paaltjies vir agt lopies;
• Vian Terblanche, drie paaltjies vir 10 lopies;
• Gerhard Greeff. twee paaltjies vir ses lo-pies, en
• Werner Swarts, twee paaltjies vir vyf lopies.
Suidskool se kolwers het die 35-lopie tei-ken maklik verbygesteek.
Kolwer Gerhard Greeff het die hoogste aantal lopies vir sy span aangeteken; 15 lo-pies, nie-uit-nie.



