Rugbyspelers gaan oorsee meeding
Twee van Hoërskool Piet Pogieter se kranige rugbyspelers gaan binnekort hul talente op die rugbyvelde van Nederland en België wys.
Foto: FD Human
MOKOPANE – Twee van Hoërskool Piet Pogieter se kranige rugbyspelers gaan binnekort hul talente op die rugbyvelde van Nederland en België wys.
David Human en CG Kruger is vir die o/14- nasionale sewes AVS-span (Afrikaner Volkseie Sport) gekies. Dié span wat bekend staan as die Duikers, gaan in Desember aan ses wedstryde in Nederland en België deelneem.
Die AVS is in 1992 gestig om vir Afrikaner seuns en meisies op ‘n provinsiale vlak ‘n geleentheid te bied om aan rugby, netbal, krieket en hokkie deel te neem. Gedurende die jaarlikse winterweektoernooi neem 16 unies deel en gedurende die somerweek neem 14 unies deel. Nasionale spanne in elke ouderdomsgroep word dan in die verskillende ouderdomsgroepe gekies.



