School sportSport
Oosskool se voëltjie-atletiek groot pret
Verlede Woensdag het die opgewondenheid vroeg al in die lug gehang by Laerskool Pietersburg-Oos se atletiekbane.
POLOKWANE – Verlede Woensdag het die opgewondenheid vroeg al in die lug gehang by Laerskool Pietersburg-Oos se atletiekbane.
Die skool se atlete het aangetree vir die skool se jaarlikse voëltjie-atletiekbyeenkoms, gereed om mekaar die stryd op die baan en veld aan te sê.
Die gr. 1-atlete het aan 60 m naellope deelgeneem, terwyl die gr. 2- tot 7-atlete sake uitgespook het in verskeie veld- en baanitems.
Slegs een rekord is opgestel tydens hierdie byeenkoms. Jan-Hendrik Beyer het die dwarslat opgestoot tot ‘n indrukwekkende 1,58 m in die hoogspring vir seuns o/13.
(FOTO’S)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



