School sportSport

PHS toon veggees

'n Baie jong eerstekrieketspan van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag 'n waardevolle les geleer toe hulle teen die eerstespan van Hoërskool Nelspruit te staan gekom het op PHS se krieketveld.

POLOKWANE – ‘n Baie jong eerstekrieketspan van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag ‘n waardevolle les geleer toe hulle teen die eerstespan van Hoërskool Nelspruit te staan gekom het op PHS se krieketveld.

PHS se gewone eerstekrieketspan het op dieselfde dag deelgeneem aan die Coca-Cola T20-reeks se finale deelgeneem.

Die span van PHS wat teen Hoërskool Nelspruit te staan gekom het, het hoofsaaklik uit o/15-spelers bestaan.

Die wedstryd teen Hoërskool Nelspruit het uit 50 boulbeurte vir elke span bestaan.

Hoërskool Nelspruit het eerste gekolf en ‘n indrukwekkende 370 lopies vir die verlies van sewe paaltjies aangeteken binne die 50 toegelate boulbeurte.

Gerhard Venter van PHS is net 14 jaar oud, maar het pragspel gelewer in hierdie wedstryd. Hy het vyf paaltjies in 10 boulbeurte geneem en slegs 50 lopies afgestaan.

PHS se span het hard probeer om Hoërskool Nelspruit se telling na te jaag, maar kon uiteindelik slegs 146 lopies binne 46 boulbeurte aanteken. PHS het met 198 lopies verloor.

Twee van PHS se kolwers het hul man gestaan teen die ouer spelers van Nelspruit.

Lohan Duvanhage het 38 lopies aangeteken van 38 balle en Driaan Kruger het 26 lopies aangeteken van 29 balle.

PHS se jong spelers het na die wedstryd saamgestem dat hierdie wedstryd ‘n baie leersame ervaring was en dat hulle bly was oor die ondervinding wat hulle teen ‘n ervare span soos Nelspruit kon opdoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button