Triegie-atlete blink uit in Mokopane
Die topatlete van Hoërskool Louis Trichardt het verlede Vrydag aan 'n vriendskaplike atletiekbyeenkoms teen Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane te staan gekom.
Agter staan Ali Sefole, Richard Lambert, Rendani Ndouvhada en Wynand Mouton. Afwesig: Amorien Venter, Damian Zeelie en Chris Knoesen.
LOUIS TRICHARDT – Die topatlete van Hoërskool Louis Trichardt het verlede Vrydag aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms teen Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane te staan gekom.
Louis Trichardt eerste plekke:
• Wynand Mouton, driesprong en verspring vir seuns o/19;
• Ali Sefole, gewigstoot en 100 m vir seuns o/17;
• Richard Lambert, verspring, werpskyf en spiesgooi vir seuns o/19;
• Jonandi Aucamp, 100 m, 200 m en 400 m vir meisies o/17;
• Amorien Venter, verspring vir meisies o/19;
• Maggie Kemp, werpskyf vir meisies o/16;
• Rendani Ndouvhada, 110 m hekkies vir seuns o/19;
• Damian Zeelie, gewigstoot vir seuns o/19, en
• Chris Knoesen, 400 m vir seuns o/19.



