School sportSport

Atlete skitter tydens interhoër

Atlete van verskeie hoërskole in Limpopo het hulle staal op die baan en veld gewys tydens die interhoër-atletiekbyeenkoms wat verlede Vrydag by die Peter Mokaba Stadion aangebied is.

POLOKWANE – Atlete van verskeie hoërskole in Limpopo het hulle staal op die baan en veld gewys tydens die interhoër-atletiekbyeenkoms wat verlede Vrydag by die Peter Mokaba Stadion aangebied is.

Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het gasheer gespeel vir hierdie geleentheid en die ander deelnemende skole was Hoërskool Pietersburg, Curro Northern Academy, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Merensky van Tzaneen en Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa.

Die byeenkoms het afgeskop met ‘n parade van al die atlete op die veld en daarna het elke skool se rasieleiergroepe elk ‘n opruiende dansitem gelewer.

Uitslae:

• Meisiespanne.

1. Hoërskool Pietersburg met 482 punte.

2. Hoërskool Merensky met 390 punte.

3. Hoërskool Louis Trichardt met 222 punte.

4. Hoërskool Frans du Toit met 180 punte.

5. Curro Northern Academy met 87 punte.

6. Hoër Tegniese Skool Tom Naudé met 86 punte.

• Seunspanne.

1. Hoërskool Pietersburg met 444 punte.

2. Hoërskool Louis Trichardt met 284 punte.

3. Hoërskool Merensky met 274 punte.

4. Hoërskool Frans du Toit met 200 punte.

5. Hoër Tegniese Skool Tom Naudé met 168 punte.

6. Curro Northern Academy met 112 punte.

• Finale spanuitslae:

1. Hoërskool Pietersburg met 926 punte.

2. Hoërskool Merensky met 664 punte.

3. Hoërskool Louis Trichardt met 506 punte.

4. Hoërskool Frans du Toit met 380 punte.

5. Hoër Tegniese Skool Tom Naudé met 254 punte.

6. Curro Northern Academy met 199 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button