Interhoër: dis hier!
NA die lang wag, oefen en reëlings om alles vlot te laat verloop is die 52ste Bosveld Interhoër uiteindelik hier.
NA die lang wag, oefen en reëlings om alles vlot te laat verloop is die 52ste Bosveld Interhoër uiteindelik hier.
Saterdag gaan Hoërskool Piet Potgieter (HPP)se atletiekveld ‘n miernes van bedrywighede wees wanneer die atlete, afrigters, sangers, onderwysers en toeskouers van sewe skole in Limpopo opdaag vir ‘n interhoërskouspel soos nog nie vantevore gesien is nie, sê Cas Badenhorst, adjunkhoof van sport. Van die toeskouers sal reeds van vandag (Vrydag) op die dorp toesak en gastehuise en hotelle is gereed om hulle met die bosveld se hartlikheid te ontvang.
Beplanning vir die interhoër het vroeg verlede jaar begin en alles word nou finaal in plek getrek om ‘n sportgebeurtenis soos min gade te slaan. HPP kry elke sewe jaar kans om die interhoër op eie bodem aan te bied en dit is sal vir veral vir die skoolhoof, Jas Hansen wat einde vanjaar aftree ‘n riem onder die hart wees as Piet Pot soos verlede jaar weer kan koning kraai.
‘n Atlete-ete is Dinsdagaand in die skoolsaal gehou om seker te maak die atlete is gereed om nie as interhoërkampioen onttroon te word nie. Die kompetisie is sterk en die skole spog almal met goeie atlete wat die aandag gaan vasvang, sê Badenhorst. ‘n Grootskerm televisie van 24m2 op die veld en direkte internet-konneksie vir diegene wat nie self op die pawiljoene is nie, gaan sorg vir ‘n unieke ervaring wat nog nie voorheen in die land by interhoër-atletiek gesien is nie. Dit kos R30 per motor en R25 per volwassene R10 vir laerskoolleerders. ‘n Program is R20. Daar sal genoeg stalletjies wees om die honger en dors te les.
Bosveld sal op die veld en langs die baan wees om die gebeurtenis deur die kameralens vas te vang.



