Tommies bied reeks wedstryde aan as opwarming vir seisoen
Saterdag is uitsonderlike skolerugby op die rugbyvelde van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gespeel.
POLOKWANE – Saterdag is uitsonderlike skolerugby op die rugbyvelde van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gespeel.
In ‘n reeks opwarmingswedstryde wat as voorbereiding vir die rugbyseisoen wat voorlê gedien het, het die rugbyspanne van Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoërskool Frans du Toit mekaar die stryd aangesê.
Die dag se spel is gekenmerk deur goeie hardlooprugby en uitstekende aanvallende spel.
Uitslae:
• o/14A, Tom Naudé klop Frans du Toit met 7-0.
• o/14B, PHS klop Hoër Tegniese Skool Tom Naudé met 63-0.
• o/15, Tom Naudé klop Frans du Toit met 5-0.
• o/16, Tom Naudé klop Frans du Toit met 31-3.
• Tweedespan, Tom Naudé klop Frans du Toit met 39-12.
• Eerstespan, Frans du Toit klop Tom Naudé met 10-5.













