Soete oorwinning
REKORDS is opgestel, medaljes ingeryg en die daglange aksie op die atletiekbaan en -veld van Hoërskool Piet Potgieter het vir groot oomblikke en baie vreugde gesorg.
MOKOPANE – REKORDS is opgestel, medaljes ingeryg en die daglange aksie op die atletiekbaan en -veld van Hoërskool Piet Potgieter het vir groot oomblikke en baie vreugde gesorg.
Marnus Uys van HPP het sy naam as kroonprins van die baan gestand gedoen toe hy in die 100 m en 200 m vir seuns o/17 onder sy teenstaanders uitgeseil het en ‘n nuwe rekord in die 100 m vir seuns o/17 opgestel het met ‘n pragtyd van 10,60 sekondes.
Hy het die 200 m in 21.80 sekondes kafgedraf en die ou rekord wat van 1970 staan geëwenaar.
Hy is ook aangewys as die baanatleet van die dag.
Mirieck Griesel het ‘n nuwe rekord van 12,40 m opgestel in gewigstoot vir meisies o/19, terwyl William Mohlaloga in die 110 m hekkies vir seuns o/14 ‘n rekord van 14,30 sekondes behaal het. Hy het ook in die 300 m hekkies ‘n nuwe rekord opgestel met ‘n tyd van 42,90 sekondes.
Piet Pot het 31 goue, 42 silwer en 30 brons medaljes gewen.
Piet Pot verower die volgende agt trofeë:
Interhoërtrofee vir groottotaal, sangbeker, seuns-aflos, junior meisies, senior meisies, senior seuns, meisies groottotaal en beste baanatleet.



