School sportSport

Skuts korrel in die kol

DIE skuts van Hoërskool Piet Potgieter en die Potgietersrus CVO Skool het verlede naweek tydens die Noord-Gauteng Interprovinsiale-kampioenskappe met die ene konsentrasie en deursettingsvermoë gewys hulle kan korrel en raak skiet.

MOKOPANE – DIE skuts van Hoërskool Piet Potgieter en die Potgietersrus CVO Skool het verlede naweek tydens die Noord-Gauteng Interprovinsiale-kampioenskappe met die ene konsentrasie en deursettingsvermoë gewys hulle kan korrel en raak skiet.

Die skuts het op Hartbeespoort te staan gekom teen die ander provinsies se bestes om te kyk of hulle kan kwalifiseer vir die proewe wat einde vandeesmaand in Florida, Johannesburg, gehou word waar ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie-span gekies gaan word. Dié span sal later vanjaar in Engeland gaan meeding. Altesaam 146 skuts het aan die kompetisie deelgeneem. In die o/21-veerafdeling het Hoërskool Piet Potgieter se twee top skuts uitstekend presteer. Janco Meiring het ‘n eerste plek behaal en Adriaan Steyn was tweede. In die sporterafdeling het Zelda Genis van die Potgietersrus CVO Skool ‘n agtste plek losgeskiet uit die 45 sporters wat aan die o/21-afdeling deelgeneem het.

Zelda Genis wys haar slag in die o/21-sporterafdeling.
Zelda Genis wys haar slag in die o/21-sporterafdeling.
Janco Meiring het die o/21-veerafdeling gewen.
Janco Meiring het die o/21-veerafdeling gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button