School sportSport

Tommies en HTS John Vorster se rugbytoernooi propvol aksie

Saterdagoggend was leerders, onderwysers en ouers van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gereed vir hul jaarlikse vriendskaplike rugbywedstryde teen Hoër Tegniese Skool John Vorster van Nigel.

POLOKWANE – Saterdagoggend was leerders, onderwysers en ouers van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gereed vir hul jaarlikse vriendskaplike rugbywedstryde teen Hoër Tegniese Skool John Vorster van Nigel.

Die rugbyspanne wat deelgeneem het was die o/14A-, o/14B-, o/15A-, o/16A- asook die tweede- en eerstespanne.

Die eerstespanne se wedstryd was ‘n naelbytstryd en ondersteuners was vrygewig met raad van die kantlyn af. John Vorster het hierdie wedstryd gewen.

“Ons het beter gedoen as verlede jaar, al het die meeste van ons spanne hul wedstryde verloor,” het Kobus de Meyer, Tom Naudé-sporthoof, gesê.

Uitslae:

• o/14A, John Vorster wen met 10-5.

• o/14B, John Vorster wen met 24-10.

• o/15A, John Vorster wen met 24-0.

• o/16A, Tom Naudé wen met 32-26.

• Tweedespan, John Vorster wen met 34-5.

• Eerstespan, John Vorster wen met 64-0.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button