School sportSport

Kaapse oopwaters is haar speelgrond

DIE 17-jarige Anél de Vos van Hoërskool Piet Potgieter en lid van die Tuks Mokopane Swemklub het op 7 en 8 Maart aan die Suid-Afrikaanse Opewaterkampioenskappe in die Eikenhofdam op Grabouw in die Kaap deelgeneem.

MOKOPANE – DIE 17-jarige Anél de Vos van Hoërskool Piet Potgieter en lid van die Tuks Mokopane Swemklub het op 7 en 8 Maart aan die Suid-Afrikaanse Opewaterkampioenskappe in die Eikenhofdam op Grabouw in die Kaap deelgeneem.

In die 3 km resies was sy vierde in die ouderdomsgroep 16 tot 18 jaar met ‘n tyd van 41:12.95 sekondes en in die 5 km resies was sy agtste in die ouderdomsgroep 17 tot 18 jaar met 1:11:32.51 sekondes.

Anél de Vos (nr. 42) saam met van die ander deelnemers in die SA Opewaterkampioenskappe.
Anél de Vos (nr. 42) saam met van die ander deelnemers in die SA Opewaterkampioenskappe.
Anél de Vos was vroegoggend saam met die ander uitblinker-swemmers van regoor die land langs die oewers van die Eikenhofdam om aan die Suid-Afrikaanse Opewaterkampioenskappe deel te neem.
Anél de Vos was vroegoggend saam met die ander uitblinker-swemmers van regoor die land langs die oewers van die Eikenhofdam om aan die Suid-Afrikaanse Opewaterkampioenskappe deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button