School sportSport

Hansieweek grootste nog

DIE Mauritz Hansen-rugbyweek spog vanjaar met 78 spanne van 28 skole landswyd wat hul slag op die rugbyvelde van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong gaan wys.

MOKOPANE – DIE Mauritz Hansen-rugbyweek spog vanjaar met 78 spanne van 28 skole landswyd wat hul slag op die rugbyvelde van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong gaan wys.

Die rugbyweek word vanjaar van 7 tot 11 April vir die 23ste keer gehou en Maandagaand is die borge met ‘n heerlike ete by die skool bedank vir hul betrokkenheid. Die gewilde Hansieweek is vanjaar die grootste skolerugbybyeenkoms in die wêreld, volgens die organiseerders.

Die byeenkoms sorg vir ‘n reuse inspuiting in die ekonomie van die dorp. Die organiseerders ken al hul storie en al die oorde in en om die dorp is reeds vol bespreek. Daar gaan nie minder nie as 1 726 seuns met 220 afrigters en hulp-afrigters op Mookgophong toesak. Die openingsaand is n skouspel van rugby en sowat 8 000 toeskouers word weer verwag.

Vanjaar sal die Mauritz Hansen-vyftiental wat na afloop van die week gekies word, onder meer in Oktober na Ierland toer saam met hul drie afrigters.

Attie Snyman, hooforganiseerder, sê benewens al die oorde wat reeds bespreek is, gaan 8 700 eiers gaar gemaak word vir die jong spelers in die koshuise.

Die geleentheid is nie net elke borg se droom nie, maar die stalletjies is elke jaar baie besig terwyl die spelers en toeskouers kan smul aan heerlike eet- en drinkgoed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button