Sakke vol medaljes vir dié swemmers
DRIE van Tuks Mokopane Swemklub en Hoërskool Piet Potgieter se top swemmers wat verlede naweek aan die Suid-Afrikaanse vlak twee swemkampioenskappe in Germiston deelgeneem
MOKOPANE – DRIE van Tuks Mokopane Swemklub en Hoërskool Piet Potgieter se top swemmers wat verlede naweek aan die Suid-Afrikaanse vlak twee swemkampioenskappe in Germiston deelgeneem het, het met breë glimlagte en ‘n sak vol medaljes teruggekeer.
Raymond Kockott het goud in die 400 m vryslag en 100 m vlinderslag in die ouderdomsgroep seuns o/14 gewen.
Hy het ook vyf silwer medaljes ingepalm vir 50 m vryslag, 100 m vryslag, 200 m vryslag, 50 m, vlinderslag en 200 m wisselslag.
Morné van der Bank het goud behaal in die 200m borsslag en 200 m wisselslag vir seuns o/15.
Hy het ook silwer opgeraap in die 100 m en 200 m rugslag. Anél de Vos het ‘n silwer medalje verower in die 50 m rugslag vir meisies o/17. Sy het ook in die 100 m rugslag gekwalifiseer om aan die Jeug Nasionale Swemkampioenskappe te gaan deelneem wat aanstaande maand in Durban gehou word.




