Editor's choiceSchool sportSport

Kookwater-atletiek op nasionale vlak

AGT van Hoërskool Piet Potgieter se kranige atlete het Limpopo van 26 tot 28 Maart in Rustenburg aan die S.A. atletiekkampioenskappe verteenwoordig en teen die room van atlete van regoor die land meegeding.

MOKOPANE – AGT van Hoërskool Piet Potgieter se kranige atlete het Limpopo van 26 tot 28 Maart in Rustenburg aan die S.A. atletiekkampioenskappe verteenwoordig en teen die room van atlete van regoor die land meegeding.

Die atlete het die volgende prestasies behaal

Marnus Uys, ook bekend as die kroonprins van Piet Pot, het ‘n vierde plek behaal in die 100 m seuns o/17 en ‘n vyfde plek in die 200 m. Hy was ook lid van die Limpopo seuns o/17 aflosspan en hulle het ‘n vierde plek behaal in die 4×100 m en raap ‘n silwer medalje op in die medley aflos.

Soretha Kruger, hoofmeisie, het ‘n merkwaardige sesde plek behaal in die diskus vir meisies o/19 en ‘n agtste plek in gewigstoot.

Peter Tau, die spankaptein van die Limpoposeunspan, raap ‘n vyfde plek op in die 800 m seuns o/19.

Pontsho Ngobeni behaal ‘n tiende plek in die 3 000 m H/N seuns o/19.

Sello Nyawene behaal ‘n negende plek in die 1500 m vir seuns o/17.

Mirieck Griessel raap ‘n negende plek op in die gewigstoot vir meisies o/17 met ‘n afstand van 12,02 m.

Luzaan Taljaard behaal ‘n 17de plek in gewigstoot vir meisies o/15 met ‘n afstand van 10,24 m.

CG Kruger palm ‘n negende plek in by die 100 m seuns o/15 en ‘n tiende plek in die 300 m.

“Dit is reeds ‘n puik prestasie om aan die S.A. atletiekkampioenskappe deel te neem en elke plek wat deur die atlete behaal is, is fenomenaal.

“Ek is baie trots op elkeen van hierdie atlete wat Hoërskool Piet Potgieter gaan verteenwoordig het,” het ‘n trotse Jas Hansen, skoolhoof, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button