Editor's noteSchool sportSport

Pieter Krüger mág maar hoogspring

Spring. Hoe hoog? Vra dié vraag vir Pieter Krüger (17), 'n leerder van Hoërskool Pietersburg wat weet hoe hoog om te spring.

POLOKWANE – Spring. Hoe hoog?

Vra dié vraag vir Pieter Krüger (17), ‘n leerder van Hoërskool Pietersburg wat weet hoe hoog om te spring.

Met die hoogspringlat op 1,98m en die adrenalien wat pomp het Pieter net een doelwit voor oë gehad en dit was ‘n goue medalje tydens die Suid-Afrikaanse Subjeug-, Jeug- en Junior Atletiekkampioenskappe wat onlangs in Bloemfontein gehou is. Pieter het die toeskouers op hul voete gehad toe hy oor die hoogspringlat seil en spog nou met die goue medalje.

“Ek is ongelooflik trots dat ek so goed gedoen het, dit is sover die hoogtepunt van my sportloopbaan,” sê hy.

Pieter verduidelik dat sy pa, ook Pieter, hom al van jongs af op die plaas in die hoogspringtegniek touwys gemaak het en vandaar die liefde vir die item.

“Dit is ‘n wonderlike item, dit verg baie konsentrasie,” vertel Pieter.

Hy verduidelik dat hy ook graag rugby en tennis speel maar dat hy ‘n sagte plek het vir hoogspring.

Suid-Afrikaanse-hoogspringatleet Jacques Freitag, wat die wêreldkampioen op junior en senior vlak is, is iemand na wie Pieter opkyk.

Hy is vir Pieter die perfekte voorbeeld van wat hy eendag wil bereik. Pieter verduidelik dat hy tans eenkeer ‘n week oefen en dat hy weet met harde werk daar ‘n blink hoogspring toekoms op hom wag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button