School sportSport

Hokkiebokkies is bo

KRANIGE hokkiespelers van Hoërskool Piet Potgieter het van 25 Maart tot 1 April aan die Vallei Sportweek in Groblersdal deelgeneem.

MOKOPNAE – KRANIGE hokkiespelers van Hoërskool Piet Potgieter het van 25 Maart tot 1 April aan die Vallei Sportweek in Groblersdal deelgeneem.

Die eerste hokkiespan spog met ‘n onoorwonne titel van vyf wedstryde gedurende die toernooi en die nuweling, die o/14 A-span het hul vernuf op die veld opgeskerp.

Die o/14-span het gelykop gespeel teen Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Oos-Moot en Hoërskool Midstream en slegs teen Hoërskool Kanonkop verloor.

Die eerstespan het onoorwonne uit die stryd getree en is aangewys as die aanskoulikste span van die toernooi.

Uitslae:

HPP klop Hoërskool Vrede 2-0.

HPP klop Hoërskool OosMoot 1-1.

HPP klop Hoërskool John Vorster 4-0.

HPP klop Hoërskool Hartebeespoort 1-0.

HPP klop Hoërskool Overkruin 3-0.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button