School sportSport
Kruinie hokkiebokkies seëvier oor HTS-span
Curro Heuwelkruin Hoërskool en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se eerstemeisieshokkiespanne het onlangs in die noordelike hokkieliga teen mekaar meegeding.
POLOKWANE – Curro Heuwelkruin Hoërskool en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se eerstemeisieshokkiespanne het onlangs in die noordelike hokkieliga teen mekaar meegeding. Die wedstryde is verlede Donderdag op die astroturfbaan by Curro Heuwelkruin beslis.
Die Kruiniespan het vroeg al deur HTS se verdediging gebreek, met die Tommie-meisies wat gesukkel het om antwoorde te bied teen die aanval. HTS het ‘n begeesterde wedstryd gespeel alhoewel hulle nie die mas kon opkom nie.
Die Kruinies span die kroon op ‘n baie verdienstelike wen van 11-0 oor die meisies van HTS.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





