School sportSport

Netbalmeisies PHS se trots in Tuksreeks

Pietersburg Hoërskool se eerstenetbalspan het tydens hul onlangse prestasie by die Tuksreeks weereens bewys dat hulle 'n span is om mee rekening te hou.

POLOKWANE – Pietersburg Hoërskool se eerstenetbalspan het tydens hul onlangse prestasie by die Tuksreeks weereens bewys dat hulle ‘n span is om mee rekening te hou.

Hulle het ‘n derde silwer medalje ingepalm verlede Vrydag toe hulle tweede uit 16 skole geëindig het in die Tuksfinaal, teen Hoërskool Monument.

Hulle verloor die wedstryd 20–14.

Dit is hulle derde silwer medalje vir die jaar. Tydens die netbaltoere in die vakansie het hulle algeheel tweede by die Affie Netbalweek en tweede by die George Skole Netbaltoernooi geëindig. Die span is tans ook in die kompetisie vir die Limpopo finaal wat op 6 Junie op PHS se tuisveld beslis gaan word.

Die span skryf hulle sukses toe aan die feit dat hulle alles in hulle vermoë gedoen het om te leer om as een span te speel en nou sien hulle kans vir als. Die afrigter van die span, Elmari Craig wat bekend is vir haar toewyding aan haar spelers vertel dat dit lekker is om te sien dat die harde werk sulke goeie vrugte afwerk.

“Alles gaan oor spanwerk en die span sien daarna uit om die een sukses na die ander te behaal met hulle volharding en lojale spel,” het sy opgemerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button