POLOKWANE – Die eerstespanhokkieseuns van Hoërskool Pietersburg (PHS) het die afgelope week aan die ECHS-hokkieweek in Bloemfontein deelgeneem en uitstekende resultate opgelewer.
Dag 1:
PHS klop Hoërskool Upington 4-0.
PHS klop Hoërskool Middelburg 4-0.
Dag 2:
PHS klop Hoërskool Rob Ferreira 3-0.
PHS verloor teen Hoërskool Kroonstad 1-0.
Dag 3:
PHS klop Hoërskool Jeugland 1-0.
Dag 4: (Finaal vir plekke 1-2)
PHS verloor teen Hoërskool Kroonstad 1-0.
Die volgende seuns is gekies vir die toernooispan:
Hanru Viljoen, Raen Wood, Werner Janse van Vuuren en Danie Geerkens. Hanru, Raen en Werner was ook gekies vir die span wat later die jaar na Nederland gaan toer.
Raen Wood is aangewys as die o/19-voorspeler van die toernooi.
Werner Janse van Vuuren is aangewys as die o/19-speler van die toernooi.




