School sportSport
Uithalerwedstryde op die netbalbaan
Die hoërskool-netbalspanne van Curro Heuwelkruin het verlede Donderdag teen die spanne van Northern Academy se hoërskoolmeisies te staan gekom op Curro Heuwelkruin se bane vir die spanne se volgende ronde Limpopoligawedstryde.
POLOKWANE – Die o/14-spanne se wedstryd het die Heuwelkruin en Northern Academy ondersteuners se adrenalienvlakke die hoogte laat inskiet.
Hierdie wedstryd se telling het behoorlik wipplank gery soos die spanne beurteliks die voortou geneem het.
Heuwelkruin seëvier uiteindelik met ‘n enkele doel; die telling aan die einde van die wedstryd het 21-20 gelees.
Heuwelkruin se o/15-span (wen 23-2) en eerstespan (wen 38-2) behaal gemaklike oorwinnings.
Northern Academy se o/17-span speel egter ‘n uithalerwedstryd deur Heuwelkruin met 21-8 te troef.
roelof@nmgroup.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




