Onthou die FNB Clashes hierdie naweek
PHS meet kragte teen Hoërskool Ben Vorster op Saterdag, 28 Mei, in die jaarlikse FNB Classic Clashes. Sien PHS se 1st rugby-, netbal- en hokkiespanne (seuns en meisies) en die program vir dié dag hier.
POLOKWANE – PHS meet kragte teen Hoërskool Ben Vorster op Saterdag, 28 Mei, in die jaarlikse FNB Classic Clashes. Sien PHS se 1st rugby-, netbal- en hokkiespanne (seuns en meisies) en die program vir dié dag hier.
PHS 1st Rugbyspan
PHS 1st Netbalspan
PHS 1st Hokkiespan (seuns)
PHS 1st Hokkiespan (meisies)
Classic Clashes 2016 Rugby, Hokkie-en Netballprogram
Tyd Rugyprogram A-veld Rugyprogram B-veld
08:00 o/14A Derdes
09:00 o/15A o/16B
10:00 Tweedes o/14B
11:15 o/16A o/15B
13:00 Eerstes
Tyd Hokkieprogram Astro Hokkie B-veld Hokkie B-veld
08:00 Eerste span Dogters Tweede span o/14B Dogters
09:10 Eerste span Seuns o/15A Dogters o/15B Dogters
10:20 o/16A Dogters o/14A Dogters o/14 Seuns
11:30 o/16 Seuns
Tyd Netbalbaan 3 Netbalbaan 4
08:00 o/15B o/14A
08:40 o/14B o/15A
09:20 o/17B o/16A
10:00 o/16B o/17A
10:40 o/18A
Boodskappe van skool hoofde voor wedstryd
Pietie-hoof aan die woord – ‘n Skeidsregter het eendag vir ‘n ma langs ‘n bulletjierugbyveld gesê: “Mevrou, jy moet leer ontspan. Jy gaan nie matriek maak nie”.
Ons het almal langs die klein rugbyvelde en netbalbane opgewonde geraak oor ons kinders se bewegings.
Dit is my wens dat die wedstryde wat vandag by Hoërskool Pietersburg (PHS) beslis word, in ‘n oorwinnaarsgees sal plaasvind, want om net die geleentheid te benut om deel te neem, maak reeds van elke sportseun en sportmeisie ‘n oorwinnaar.
Baie welkom aan al die personeel, leerders en ouers van Hoërskool Ben Vorster, PHS asook alle Pieties en oud-Pieties. Mag julle die dag saam met ons geniet en mag al die wedstryde wat vandag by PHS beslis word, in ‘n oorwinnaarsgees plaasvind.
Baie dankie aan al ons personeel, wat geen moeite ontsien om ‘n skool soos PHS op so ‘n hoë vlak te bedryf nie.
‘n Spesiale woord van dank aan Eerste Nasionale Bank wat die visie gehad het om ‘n unieke sportreeks soos dié te borg. Julle skep geleenthede vir kinders en slaag daarin om leerders, personeel, ouers en selfs oudleerders van die betrokke skole byeen te bring.
Dankie ook aan al die borge wat PHS Sport onvoorwaardelik ondersteun. Julle maak die onmoontlike vir ons leerders moontlik.
Geniet die dag saam met ons en ry veilig terug.
Pietiegroete
Willie Schoeman (PHS hoof).
BV-hoof aan die woord – DIT is vir die Hoërskool Ben Vorster weereens ‘n besondere voorreg om vanjaar deel te wees van die jaarlikse ENB Classic Clashes teen PHS. Hierdie is die sewende jaar wat die kragmeting plaasvind tussen die twee skole en ons weet dat die vriendskapsbande al sterk gevorm is en getuig van wedersydse respek.
Tradisioneel lewer hierdie dag opsigself besonderse sporthoogtepunte vir beide skole en ‘n mens kry opnuut bewondering vir elke kind se Godgegewe talent en die passie waarmee hy of sy die talent uitleef.
Dae soos hierdie leer ons kinders op die sportveld en selfs op die pawiljoen om eie belang ‘n slag eenkant toe te skryf en ter wille van die saak betrokke te wees. Immers haal kompetisie die beste uit enige individu. Dit is juis vanweë hierdie strewe van twee spogskole om elk in eie reg ons leerders ten beste toe te rus vir die toekoms wat op hulle wag.
Ek wil van die geleentheid gebruik maak om ons gashere, die Hoërskool Pietersburg, in besonder Willie Schoeman, die beheerliggaam, ouers en leerders van die skool hartlik te bedank vir al hul moeite met die reël van die dag.
Vergun my die geleentheid om ENB in besonder te bedank vir hul borgskap en ondersteuning in die bevordering van sport in ons provinsie. Dit is ‘n voorreg om met ENB geassosieer te word.
Ek sluit af met ‘n aanhaling van Michael Phelps aan elke deelnemer: “The more you dream, the more you achieve”.
Mag groot drome, positiewe denke en vasberadenheid deurslaggewend wees in die uitlewing van elkeen se talent. Mag elke deelnemer te alle tye goeie sportmanskap toon en of jy nou wen of verloor as oorwinnaar van die veld sal afstap. Ons weet mos: “It’s not about winning or losing, but how you play the game”.
Mag elke ondersteuner hierdie dag geniet, die mooi momente onthou en geïnspireer word deur die goeie sportmangees. Laat die fokus nie wees op eindtellings nie, maar op herinneringe en beelde van briljantheid, toewyding, lojaliteit en trots.
Chris Denysschen, (Ben Vorster hoof).
























































