PHS-hokkieseuns blink uit en dring deur na Noordvaal
Die o/14A-, o/16A- en eerstespane se prestasies is as volg:
POLOKWANE – Met die liga wat tot ‘n einde gekom het vir die Limpopo seunshokkie kan Hoërskool Pietersburg (PHS) met trots sê dat die o/14A-, o/16A- en eerstespan gekwalifiseer het om Noordvaal toe te gaan.
Om te kwalifiseer moet spanne as Limpopo kampioen of naaswenner aangewys word aan die einde van die liga. Tydens die liga het die onderskeie spanne baie goed gevaar.
Die spanne se prestasies is as volg:
• Eerstespan:
Wen 5-1 teen Hoërskool Ben Viljoen.
Wen 2-0 teen Curro Heuwelkruin.
Wen 2-0 teen Groblersdal Academy.
Wen 5-1 teen Hoërskool Louis Trichardt.
Wen 1-0 teen Hoërskool Merensky.
Verloor 1-2 teen Hoërskool Ben Vorster.
Wen 7-1 teen Stanford Lake College.
Hulle het in totaal 23 doele aangeteken en slegs vyf afgestaan.
PHS se eerstespanhokkieseuns spog as die Limpopo kampioen met Stanford Lake College as die naaswenner.
• o/16A-span:
Wen 6-0 teen Hoërskool Ben Viljoen.
Wen 9-0 teen Curro Heuwelkruin.
Speel gelykop 2-2 teen Groblersdal Academy.
Wen 9-0 teen Hoërskool Louis Trichardt.
Wen 1-0 teen Hoërskool Ben Vorster.
Wen 2-0 teen Stanford Lake College.
Hierdie span het in totaal 29 doele aangeteken en slegs twee afgestaan.
PHS se o/16A-hokkieseuns spog as die Limpopo kampioen met Hoërskool Ben Vorster as die naaswenner.
• o/14A-span:
Wen 3-0 teen Hoërskool Ben Viljoen.
Verloor 1-0 teen Hoërskool Ben Vorster.
Wen 5-0 teen Stanford Lake College.
Speel gelykop 1-1 teen Hoërskool Merensky.
Hierdie span het in totaal nege doele aangeteken en slegs twee afgestaan. Hulle span is die Limpopo naaswenner met Hoërskool Ben Vorster as die kampioen.
Die Noordvaaltoernooi sal na die komende skoolvakansie plaasvind en die wenners sal na die toernooi aangekondig word.





