PLS-spanne spog met Limpopoliga titels
Twee van Laerskool Pietersburg (PLS) se rugbyspanne spog met die gesogte titel as die Limpopo rugbyligawenners.
POLOKWANE – Twee van Laerskool Pietersburg (PLS) se rugbyspanne spog met die gesogte titel as die Limpopo rugbyligawenners.
Die o/9-span en die eersterugbyspan het onlangs in die liga met hulle teenstanders afgereken en het breëbors teruggekeer met die krone as die top skolerugbyspanne in Limpopo.
Trotse naaswenners in Limpopoliga
Die o/11-netbalspan van Laerskool Pietersburg het tydens die Limpoponetbalkampioenskappe op die velde van Hoërskool Ben Vorster as die tweede beste span in die liga weggestap.
Volgens die span se afrigter, Amri van Aarde beteken die tweede plek vir haar en die span die wêreld.
Sy het aan Review vertel dat, toe sy met die span begin werk het, hulle baie werk nodig gehad het en dat sy nooit kon droom dat hulle so goed sou kon speel nie.
“Hulle het aan die begin van die seisoen baie ver verloor en om in die finaal net met twee doele te verloor is iets waarop hulle baie trots kan wees,” vertel Van Aarde.






