School sportSport

Osies neem die leisels in ruiterkuns

Vyf van Oosskool se leerders het by Bloubergstalle in Vivo hulle ruiterkuns ten toon gestel tydens die Q3 Ruiterkunskompetisie op 11 Junie.

POLOKWANE – Celine de Bruyn het ‘n eerste plek in Jump Off verower asook ‘n eerste plek in ideale tyd. Lejané du Toit het ‘n eerste plek in Equitation losgery en derde plek in die skouspringkompetisie. Colette Swart het ‘n tweede plek in die skouspringkompetisie verwerf en ‘n vierde plek in skouspring ideale tyd.

Abigail de Jager het ‘n tweede plek in skouspring ideale tyd ontvang. Lenice Fülsher het tweede plek opgeraap in skouspring ideale tyd.

Charmé Steyn, hul voogonderwyser by die ruiterkuns, vertel sy is baie trots op die meisies en hul uitsonderlike prestasies.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button